United Kerk van God - Paasfees


Inleiding

Wat het sjokolade hasies, kleurvolle eiers, “Hot cross buns”, Paasgroete-kaartjies en geskenkies met ʼn veronderstelde Sondag-opstanding te doen? Hoe kan hierdie gebruike enigiets met Jesus Christus te doen hê as dit van vóór Sy geboorte af oorgelewer is? Om by die waarheid uit te kom, moet ons in die geskiedenis gaan delf en bietjie speurwerk doen.

Getuienis uit die Geskiedenis

Ons moet die beheerpaneel van ons tydmasjien terugstel tot ongeveer 8 v.C. Dit is ongeveer 4 jaar voor die geboorte van Christus. Die mense wat ons gaan besoek, is die Germaanse volk wat Europa beset. In die Germaanse dorp op hierdie besondere Saterdagnag, wat Sunnun-abend genoem word, om en by 21 Maart, gaan die mense op die buitewyke van die dorp saamkom, hout om ʼn boom staple, en dit aan die brand steek. Terwyl die boom verteer word, sal die mense kniel en tot Sunna bid – die godin van die dagbreek – en haar vra om die warm lentedae terug te bring.

Die volgende oggend sal die mense weereens by die ge-offerde boom saamtrek, ooswaarts kyk, en terwyl die son opkom, lofliedere tot hul godin sing, en haar bedank dat sy hulle gebede verhoor het en hul offer aanvaar het. Om hierdie vreugdevolle geleentheid te vier, sal daar speletjies vir die kinders wees, wat ʼn soektog vir gekleurde eiers in die gras insluit.

Ons klim terug in ons tydmasjien en beweeg nou voorwaarts in die geskiedenis tot ʼn paar eeue ná die dood van Christus en vind dat hierdie selfde fees plaasvind ter ere van die godin van die dagbreek, maar haar naam is nou verander na Eostre. Dit is as gevolg van die invloed van die Perse op die Germaanse en Assiriese volke, want die Perse het ʼn godin genaamd Ishtar aanbid. Die Germane het dit moeilik gevind om dié naam uit te spreek en dit het uitgekom soos ons vandag “Easter” uitspreek. Dit paaseiers en selfs die haas was simbole van vrugbaarheid wat die lenteseisoen vir die volk, hulle grond, en diere sou bring.

Ander verhale was van ʼn god wat gesterf het en die godin wat hom weer opgewek het. Hierdie stories is vertel van Tammuz en Ishtar, Adonis en Inanna, Attis en Cybele en, in Egipte, Osiris en Isis. Elkeen van hierdie variasies het ʼn opstanding in die lente ingesluit om die warm groeiseisoen terug te bring.

Om die Roomse godsdiens te help groei en floreer, is daar besluit om hierdie baie gewilde feestyd van sonaanbidding in te lyf en net die godheid te verander van Ishtar na Jesus, “die ware Son.” Hierdie middeweg skikking het talle “gelowiges” tot die Roomse kerk toegevoeg.

Wat die Bybel sê

1. Waar in die Bybel word Paasfees genoem?
Handelinge 12:4
– “Toe hy hom dan gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en oorgegee aan vier wagte, elkeen van vier soldate, om hom te bewaak, met die bedoeling om hom ná die paasfees voor die volk te bring.”

OPMERKING: Die korrekte vertaling van “Pascha” is Pasga – nie paasfees nie. Slegs die ou King James Version gebruik die verkeerde Engelse vertaling van die woord as “Easter.” Al die ander Engelse Bybels vertaal die woord “Pascha” korrek as “Passover.”

Let op wat Vine’s New Testament Dictionary sê oor die woord wat as “Easter” vertaal is:

"Easter 1, pascha, [3957] mistranslated 'Easter' in Acts 12:4, AV, denotes the Passover (RV). The phrase 'after the Passover' signifies after the whole festival was at an end. The term 'Easter' is not of Christian origin. It is another form of Astarte, one of the titles of the Chaldean goddess, the queen of heaven. The festival of Pasch held by Christians in post-apostolic times was a continuation of the Jewish feast, but was not instituted by Christ, nor was it connected with Lent. From this Pasch the pagan festival of 'Easter' was quite distinct and was introduced into the apostate Western religion, as part of the attempt to adapt pagan festivals to Christianity."

2. Watse verskil maak dit waar die feestyd vandaan kom, as ons dit om die regte rede vier?

Jesaja 1:14 – “Julle nuwemane en julle feestye haat my siel; hulle is My ʼn oorlas. Ek is moeg om dit te dra.”

OPMERKING: God stel nie belang in hoe ons dink ons Hom behoort te dien of te eer nie. Hy het ons deur sy Woord (die Bybel) gewys hoe Hy aanbid moet word.

3. Wat sê God vir ons omtrent die mens se vermoë om sake verstandelik uit te lê?

Spreuke 14:12 – “Daar is ʼn weg wat vir ʼn mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.”

4. As die mens aan sy eie redenasies oorgelaat word, word hy maklik mislei. Ons het leiding nodig. Waar vind ons sulke leiding?

Matteus 4:4 – “Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: ‘Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.’”

5. Watter diens het Christus in die lente (noordelike halfrond) onderhou?

Lukas 22: 1, 8 – “En die fees van die ongesuurde brode, wat pasga genoem word, was naby.” “Toe stuur Hy Petrus en Johannes en sê: Gaan berei die pasga vir ons, dat ons dit kan eet.”

OPMERKING: Omdat die Fees van Ongesuurde Brood direk op die Pasga (Nisan 14) volg, het die Jode mettertyd die gewoonte ontwikkel om die Fees van Ongesuurde Brood in te sluit as hulle van die Pasga praat. Die tye is, egter, afsonderlik, en die Pasga self is deur God as ʼn herdenking ingestel.

6. Wat het hierdie herdenking behels?

Eksodus 12:11-12 – “En só moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. ʼn Pasga van die Here is dit. Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die Here.”

7. Word hierdie gebeurtenis vandag nog gevier?

Eksodus 12:14, 24 – “En hierdie dag moet vir julle ʼn gedenkdag wees, en julle moet dit as ʼn fees tot eer van die Here vier. Julle moet dit in julle geslagte as ʼn ewige insetting vier.” “Onderhou dan hierdie saak as ʼn insetting vir jou en jou kinders tot in ewigheid.”

8. Party mense sê die Pasga was slegs vir die Israeliete. Christene vandag is geestelike Israeliete (Romeine 2:28-29; Galasiërs 6:16). Wat dui hierdie feit aan omtrent die voortgesette vereiste om hierdie insetting te onderhou?”

9. Wou Christus hê ons moet op die opstanding fokus, of op die offer?

Johannes 15:13 – “Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.”

Lukas 22:15, 19, 20 – “En Hy [Jesus] sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie pasga met julle te eet voordat Ek ly.” “Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis. Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament [verbond] in my bloed wat vir julle uitgestort word.”

OPMERKING: Christus se opstanding is belangrik, maar die fokus van die Pasga is op die offer, Christus se sterwe vir die mensdom - en dus die betaling vir ons sondes.

10. Wat het die dissipels gedoen om die Pasga te gedenk?

1 Korinthiërs 11:23-26 – “Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het; en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis. Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament [verbond] in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis. Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.”

11. Watter verskille is duidelik in die wyse waarop Jesus en Sy dissipels die Pasga gevier het en die wyse waarop Israel van ouds geleer is om dit te gedenk? Verduidelik die betekenis van die veranderinge wat Christus in die Pasga-seremonie aangebring het.

Opsomming

Die vraag is of ons bereidwillig is om God te vertrou en te gehoorsaam. Om gehoorsaamheid te leer wat op geloof gegrond is, is van deurslaggewende belang nie slegs vir ons lewe hier en nou nie, maar ook vir alle ewigheid.


Skriftuuraanhalings kom uit die 1933/1953 Afrikaanse Bybel.


The literature on this site is published by the United Church of God, an International Association, which has ministers and local congregations in the United States and many countries around the world.
We trace our origins to the Church that Jesus founded in the early first century. We follow the same teachings, doctrines and practices established then. Our commission is to proclaim the gospel of the coming Kingdom of God to all the world as a witness and teach all nations to observe what Christ commanded (Matthew 24:14; 28:19, 20).


As U Meer Wil Weet...

Wie en waar ons is

United Kerk van God het leraars en gemeentes in meeste dele van die wêreld. Gaan kyk gerus by www.orgrsa.org vir verdere inligting oor die werk in Suid-Afrika.

Gratis

Al ons leesstof word gratis uitgegee, want Jesus Christus het gesê: “Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee” (Matteus 10:8). Ons is dankbaar vir die vrygewige offergawes en tiendes van die lede van die Kerk en ander ondersteuners wat vrywilliglik bydra om hierdie werk te onderhou. Ons vra nooit die publiek vir geld nie. Vrywillige bydraes is egter altyd welkom om hierdie boodskap van hoop met ander te deel. Ontvangs van alle bydraes word erken.

Persoonlike berading

Jesus Christus het Sy volgelinge beveel om Sy skape te voed (Johannes 21:15-17). Daarom kom ons gemeentes gereeld byeen om uit die Skrif geleer te word en mekaar te ondersteun. Kontak ons gerus as u persoonlike of Bybelverwante vrae het, of as u belangstel in nadere kontak met die Kerk. Foonnommers en e-posadresse van United se opgeleide predikante kan op ons Suid-Afrikaanse webtuiste gevind word, by www.ucgrsa.org

Terug na Inhoud