Welkom by die United Kerk van God Suid Afrika se Webblad!

 



..:: Skakels ::..

· Home
· About Us
· Literature Library
· Multimedia
· Youth
· Feast
· Contact Us
· International Site
· Study Archives

..:: Studie Boekies ::..


..:: Wat is nuus  ::..

Christian Magazine
UCG Youth Site
UCG Singles Site
World News & Prophecy

Vertical Thought
Beyond Today


..:: Statistieke ::..

Besoekers

 
 
Aangaande die United Kerk van God…

WIE ONS IS

Die literatuur op hierdie webtuiste word deur die United Kerk van God, ‘n Internasionale Genootskap, uitgegee. Die Kerk het leraars in plaaslike gemeentes in talle lande regoor die wêreld. Ons herkoms is die Kerk wat Jesus vroeg in die eerste eeu gevestig het. Ons volg dieselfde leringe, leerstellings en gebruike na, wat destyds ingestel is. Ons sendingsopdrag is om die evangelie van die komende Koninkryk van God aan die hele wêreld te verkondig tot ‘n getuienis en om al die nasies te leer om te onderhou wat Christus beveel het (Mattheus 24:14; 28:19-20).

KORT GESKIEDENIS

Die United Kerk van God, wat tans aktiewe gemeentes in meer as 40 lande het, is in 1995 amptelik saamgestel. Kenmerkende leerstellings van die Kerk sluit onder andere in die onderhouding van die sewende-dag Sabbat, ‘n moderne toepassing van die Hebreeuse Heilige Feestye van ouds (wat Jesus ook onderhou het en wat die Kerk glo ‘n letterlike uitbeelding van God se plan vir die mensdom is), asook ‘n vaste vertroue dat Jesus Christus na die aarde sal terugkom om ‘n wêreldwye, regverdige Koninkryk van God te vestig.

OPDRAG

Die sendingsopdrag van die Kerk van God is om die evangelie van Jesus Christus en die Koninkryk van God aan die hele wêreld te verkondig, dissipels van al die nasies te maak en hulle te versorg.

VERNIET

Jesus Christus het gesê, “Julle het dit verniet ontvang, verniet moet julle dit gee.” (Matteus 10:8). Die United Kerk van God bied al die leesstof op hierdie webtuiste (en per pos) gratis aan. Ons is dankbaar vir die vrygewige tiendes en offergawes van die lede van die Kerk en ander ondersteuners wat vrywilliglik bydra om hierdie werk te onderhou. Ons vra nooit die algemene publiek vir fondse nie. Bydraes om ons te help om hierdie boodskap van hoop met ander te deel, is egter altyd welkom. Alle fondse word jaarliks deur ‘n onafhanklike rekenmeestersfirma geouditeer.

PERSOONLIKE BERADING BESKIKBAAR

Jesus het Sy volgelinge beveel om Sy skape te voed en op te pas (Johannes 21:15-17). Om hierdie opdrag na te kom, het die United Kerk van God gemeentes wêreldwyd. Gelowiges kom in hierdie gemeentes byeen om onderrig uit die Skrif te ontvang en om samesyn te geniet. Die United Kerk van God is verbind tot die begrip en toepassing van Nuwe Testamentiese Christenskap. Ons begeerte is om God se lewenswyse te deel met diegene wat opreg begeer om ons Verlosser, Jesus Christus, te volg. Ons leraars is beskikbaar vir berading, om vrae te beantwoord, en die Bybel duidelik te maak. Indien u graag ‘n leraar wil kontak of een van ons gemeentes wil besoek, kies die kerk en leraar naaste aan u op die Local Church Information blad. U kan per e-pos aan ons skryf by info@ucg.org.

 

LITRATUUR TANS BESKIKBAAR

Geloofstellings van die United Kerk van God                                                   
Paasfees                                                                                                 


 

If you have any questions re the design of this website please contact the webmaster
© 2008 United Church of God, an International Association